Conference AFR
 
 
 
 
  
    ATKV-BUFFELSPOORT
    ATKV-DRAKENSVILLE
    ATKV-EILAND SPA
    ATKV-GOUDINI SPA
    ATKV-HARTENBOS
    ATKV-KLEIN-KARIBA
    ATKV-NATALIA
Konferensies

As jy die beste resultate met 'n konferensie wil bereik, het jy 'n plek nodig met 'n rustige atmosfeer waar oorwerkte siele met nuwe geesdrif kan saamspan en uitspan.

Die ATKV-oorde spog almal met goed toegeruste konferensiesentrums, die nodige rugsteen en bystand, verblyf en restaurante, ontspanningsfasiliteite en natuurlik die nodige vreedsaamheid om positiewe en verbeeldingryke besigheidsbeplanning en proaktiewe spanbou te verseker.

Ons sewe oorde is in van die mooiste dele van Suid-Afrika geleë en bied veel meer as alledaagse konferensiesentrums. In die Kaapprovinsie lê ATKV-Hartenbos Strandoord op die Tuinroete, skaars 40 kilometer van George af, met ATKV-Goudini Spa ongeveer 100 kilometer van Kaapstad af in die hartjie van die wynland. In Noordwes lê ATKV-Buffelspoort ongeveer 90 kilometer vanaf Johannesburg en Pretoria af in die lieflike Magaliesberge . In Limpopo, lê ATKV-Klein-Kariba in een van die Waterberge se mooiste klowe. Verder noord in Limpopo lê ATKV-Eiland Spa, 68 km oos van Tzaneen omring deur die Hans Merensky Natuurreservaat. ATKV-Drakensville aan die voetheuwels van die Drakensberge in die Harrismith-omgewing, spog met 'n omgewingsentrum wat spanbou-avonture reël, en verder af teen die tropiese Suidkus, lê ATKV-Natalia Strandoord net 40 kilometer van Durban af.

Sit gerus koppe bymekaar met ons ervare konferensiespanne by elke oord - ons maak dit ons besigheid om te verseker dat jou besigheid klopdisselboom vooruitgaan!

Kliek op die ATKV-konferensieoord van jou keuse vir meer inligting oor ons konferensiesentrums.

 



[Terug na die vorige bladsy][Terug na bo]