Skip to the content

Die rol van die ATKV-oorde binne die vyf pilare van toerisme

Geskryf deur Minister Kganyago & Therien Taljaard.

lifesaversToerisme in Suid-Afrika is fundamenteel tot die ekonomie in Suid-Afrika en een van die grootste bydraende faktore. Toerismebedrywighede is die afgelope dekade beskou as die toonaangewendste dryfveer wat die groei van die land se ekonomie betref. Dit is bereik deur die toenemende stimulering van die plaaslike arbeidsmark
waardeur buitelandse inkomste die land binnegekom en grootliks bygedra het tot die Bruto Binnelandse Produk (BBP).

As ’n sleutelrolspeler in die toerismebedryf besef die ATKV-vakansieoorde dat dit hulle hoofverantwoordelikheid is om doeltreffend by te dra tot die bevordering van hierdie bedryf op plaaslike en internasionale vlak. Die rol van die ATKV-oorde in die toerismebedryf strek reeds oor 80 jaar sedert die aankoop van ATKV-Hartenbos as die eerste vakansieoord. Daarvandaan het die ATKV-oorde as ’n handelsmerk regoor die land uitgebrei en van die een oord gegroei tot die huidige sewe pragtige oorde. As vakansiebestemmings vir die hele familie trap hierdie oorde vandag ’n selfs nog groter spoor in die toerismebedryf.

Die ATKV-oorde is gerekende sleutelrolspelers en voldoen op die volgende maniere aan die vyf pilare van toerisme:

Doeltreffende bemarking

Die ATKV-oorde pas ’n omvattende en doelgerigte bemarkingstrategie toe wat meetbaar en inklusief is. Met KKrowboatsinklusief word bedoel dat in ag geneem word dat die som van die totaal groter is as die onderskeie dele. Eenvoudig gestel beteken dit dat die oorde nie in isolasie bemark word nie, maar saam met die omliggende omgewings. Die ATKV se bemarkingsaktiwiteite is dus daarop gerig om nabygeleë plekke saam met die oorde bekend te stel. Besienswaardighede na-aan die oorde word uitgelig in die ATKV se bemarkingsmateriaal, op die webwerf en tydens handelskoue.

ATKV-Drakensville is byvoorbeeld geleë tussen die voetheuwels van die Drakensberge. Al die aktiwiteite en aantreklikhede in hierdie omgewing word deur middel van bemarking onder die aandag gebring van besoekende vakansiegangers. Hoekom net die oord bemark as die hele omgewing ingesluit kan word? Die ATKV glo dat nie net die groter toerismeprentjie hierdeur geskep word nie, maar dat die essensiële en broodnodige konsep van samewerking binne die toerismebedryf ook gestalte kry.

Toeganklikheid
GSmountainsDie ATKV weet dat maklike toegang oor die algemeen verwys na die verkryging van visas asook immigrasiewetgewing en -prosedures. Vir die ATKV beteken hierdie pilaar egter finansiële toeganklikheid. Daarom streef die organisasie voortdurend daarna om bekostigbare produkaanbiedings te verseker vir alle toerismesektore wat dit wil geniet en deel van die bedryf wil wees. Die ATKV bied iets vir elkeen se begroting omdat die oorde oor kampeerfasiliteite, woonwaparke en 2- tot 4- stereenhede beskik teen mededingende pryse.

Hierdie opset maak dit nie net makliker vir ’n groter groep mense om die oorde te geniet nie, maar dra uiteindelik by tot ’n uiters nodige aktiewe plaaslike toerismebedryf. Hierdie toeganklikheid geld nie net vir die vakansiemark nie, maar sluit besighede in wat hulle konferensies by die oorde wil hou. Aangesien besighede in ’n onstuimige ekonomiese klimaat funksioneer, glo die ATKV dat sy besigheid tot besigheid-strategie ook positief moet reageer op die status qou.

                                                                 Besoekerservaring

                                                               Besoekerservaring is die grondslag van die toerismebedryf. Die ATKV-oorde beskou die ervaring van sy Buffelskidsbesoekers as die belangrikste element wat hulle aanspoor om die oorde herhaaldelik te besoek. Al sewe oorde is daartoe verbind om te verseker dat elke vakansieganger kan getuig van ’n aangename vakansie-ervaring.

Planne om die vakansie-ervaring van besoekers nog verder te verbeter, sal later in die jaar bekendgestel word. Elke oord se omvattende vakansieprogram wat aangebied word vir besoekers tydens skoolvakansies en feestye getuig van die ATKV-oorde se verbintenis tot hierdie pilaar. Dié verbintenis tot wonderlike vakansie- ervarings vir alle besoekers sluit konferensie-afgevaardigdes in. Die ATKV se oorde is bekend as leiers wanneer dit kom by konferensies met ’n verskil. Vandaar die oordpersoneel se slagspreuk: “Sê totsiens aan vervelige konferensies.”

Konferensiegangers word ook gemaan om genoeg klere in te pak omdat ons oorde nie die gewone konferensieplekke is nie. Elke oord wil verseker dat elke besoeker die oord verlaat met herinneringe aan ’n onvergeetlike, unieke ondervinding. 

Bestemmingsbestuur

Die ATKV begryp dat beste praktyk bestuur ’n holistiese proses vereis om te verseker dat toerismebedrywighede bydra tot die ekologie, die sosiale opset en effektief tot die ekonomie van die land. Ons besef ook dat bestemmingsbestuur moet toesien dat toerisme as geheel ’n erfenis sal nalaat waarby toekomstige geslagte kan baat. Daarom doen die ATKV-oorde alles in hulle vermoë om te verseker dat die
implementering van die groen inisiatief aan die geldende standaarde voldoen, en dat die oorde ekovriendelik is en die reëls en regulasies nakom.

Bestemmingsbestuur behels ook die insluiting van vraag (die besoeker of gebruiker se behoeftes) en aanbod (die produk of ervaring). Die ATKV maak dus van gesofistikeerde instrumente en die digitale media gebruik om terugvoer van besoekers te kry. Sodoende word insae verkry in hulle behoeftes en hoe om daarin
te voorsien.

Breedgebaseerde voordele

Die toerismebedryf is uiteraard uitgebreid en moet ook ingesluit word. Volgens die ATKV moet elke rolspeler vasstel in watter mate sy besigheid se bedrywighede gekoppel kan word aan dié van klein en medium ondernemings wat ’n rol speel in die toerismebedryf. Klein en medium ondernemings is al regoor die wêreld
geïdentifiseer as bydraende faktore tot inklusiewe ekonomiese groei en volhoubaarheid. Suid-Afrika is deel van die groter prentjie en die ATKV-oorde begryp dat elkeen van hulle ’n ernstige rol te speel het om klein en medium ondernemings in te sluit, selfs al is dit net op ’n klein skaal. Om hierdie rede het elke oord ’n aantal plaaslike verskaffers in die omgewing wat verskeie produkte en dienste lewer – as deel van ons eindelose doel om breedgebaseerde voordele vir alle rolspelers te bewerkstellig.