Skip to the content
Cyril Ramaphosa

Inperking amptelik verleng!

Op 9 April 2020, tydens die mees onlangse presidensiële toespraak waarin President Cyril Ramaphosa Suid-Afrikaners toegespreek het oor die nuutste nuus en verwikkelinge aangaande die COVID-19-pandemie, is daar aangekondig dat die amptelike inperking, wat reeds vanaf 26 Maart in werking is, verleng sal word. Die verlenging van 14 dae beteken dus dat die inperking eers op 30 April om middernag gelig sal word.

 

Alhoewel die president teen Donderdag van mening was dat dit nog te vroeg is om ’n daadwerklike analise te doen van die verspreiding van COVID-19 in Suid-Afrika, glo hy sterk dat die inperking beslis besig is om te werk. Hy het dit verder ook duidelik gemaak dat dit dodelik kan wees om die inperking te vroeg te beëindig, aangesien Suid-Afrika dan die risiko kan loop dat verspreiding weer sal toeneem. 

As getroue landsburgers ondersteun ATKV-oorde die president se besluit. Vir ons is die gesondheid en welstand van ons gaste en personeel gelykwaardig met die ervarings wat ons oorde aan ons gaste bied. 

Met die president se besluit in ag geneem, sal ons oorde dus vir nou gesluit bly. 

Die bestuur het wel beloof om so spoedig moontlik elke oord se (her)openingsdatum weer te gee. 

Indien jy graag tydens die inperking met ons wil kontak maak, of navrae oor ʼn spesifieke oord het, is jy meer as welkom om ’n e-pos aan die volgende persone te stuur:

Buffelspoort

Oordbestuurder: TommieD@atkv.org.za

Hoof van ontvangs: ChantelM@atkv.org.za

Drakensville

Oordbestuurder: PetreT@atkv.org.za

Hoof van ontvangs: CathyV@atkv.org.za

Eiland Spa

Oordbestuurder: BennieS@atkv.org.za

Hoof van ontvangs: NaomiL@atkv.org.za

Goudini Spa

Oordbestuurder: PieterD@atkv.org.za

Hoof van ontvangs: SharonM@atkv.org.za

Hartenbos

Oordbestuurder: MornayB@atkv.org.za

Hoof van ontvangs: AnnetteN@atkv.org.za

Klein-Kariba

Oordbestuurder: WimD@atkv.org.za

Hoof van ontvangs: RonelM@atkv.org.za

Natalia

Oordbestuurder: ElzaleeP@atkv.org.za

Algemene navrae 

TherienT@atkv.org.za

ElrikaB@atkv.org.za

Neem asseblief kennis dat die sentrale besprekingskantoor gedurende hierdie tyd gesluit sal bly en hul kontaknommer (+27 11 919 9092) en e-posadres (oordedigitaal@atkv.org.za) word nie op die oomblik beman nie. Verder sal die standaard kansellasiebeleid vir al sewe oorde steeds geld.

Jy is ook welkom om aanlyn te bespreek vir later in die jaar of vroeg volgende jaar. Volg gerus hierdie skakel: https://www.atkvoorde.co.za/bespreek/

Ons waardeer jou onvoorwaardelike ondersteuning en dat jy ons oorde steeds jou voorkeurbestemming vir perfekte gesinsvakansies maak. 

Ons kan werklik nie meer wag om jou weer by ons oorde te verwelkom nie!