Skip to the content
Chirsto Davids

Christo Davids

Christo Davids het geen bekendstelling nodig nie – teatermaker, filmmaker, akteur, skrywer … Daar is beslis nie ’n tekort in dié man se talentarsenaal nie! En raai wat? Hy koester mooi herinneringe van ATKV-Goudini Spa wat hy alte graag deel.

Christo vertel: “My gunsteling ATKV-kampvakansieplek is Goudini Spa. My beste vriend was bestuurder daar en ons het vele vakansies daar deurgebring. So baie dat ek bevriend geword het met van die personeellede soos die hoof van sekuriteit, Flip Faroa. Dis een van die mooiste plekke waar mens vakansie kan hou, winter of somer, want die water bly warm.”

Hy verklap ook een van sy resepte aan ons: 

Resep vir snoekbraai

Sout en peper die snoek en smeer dan met olyfolie. Dit help ook dat die snoek nie vasbrand aan die rooster nie.

Maak dan ’n sous uit die volgende:

  • 350 ml klapperroom
  • Halwe lepel knoffel
  • Garnaalmasalapasta

Die hoeveelhede hang eintlik maar van die sjef af. Ek doen dit maar op gevoel.

Laat al drie hierdie saam kook. Bedien dit dan as ’n sous om oor die gebraaide snoek te gooi. Jy sal my weer kom sê.