Skip to the content

VOORKEURBESPREKINGS VIR DESEMBER 2023

ATKV-oorde vergemaklik u vakansie-ervaring met familievriendelike wegbreke by enigeen van
ons sewe oorde wat u, as lid, boonop die vergunning gee om vooruit te bespreek. 
 
Lede kan vanaf 1 November 2022, soos oudergewoonte, hul besprekings vir Desember 2023
maak. Om die voorkeurbesprekingsproses egter so vlot as moontlik te laat verloop, bring ons
graag die volgende aspekte onder ons lede se aandag:

1. Die voorkeurbesprekingsperiode vir lede word tot die eerste 14 dae van November 2022
beperk (soos geïmplementeer in 2021). Lede sal slegs 14 dae vanaf 1 November 2022 hê
om te bespreek. Vanaf 15 November 2022 word besprekings oopgestel vir die algemene
publiek. Besprekings kan vanaf 07:00 die oggend op 1 November 2022 gemaak word.

2. Om u en ons personeel se gesondheid te beskerm, sal geen besprekings in persoon by ATKV
Hoofkantoor of by enige van die ATKV-oorde gemaak kan word nie.

3. Lede moet asseblief ook kennis neem dat die #RekUit-depositobeleid vir
voorkeurbesprekings steeds geld. Meer inligting oor die skedules is hier beskikbaar: 
https://www.atkvoorde.co.za/blog/posts/2020/september/rekuit-by-n-atkv-oord/

4. Voorkeurbesprekings kan ook nou aanlyn op die ledeplatform (https://lede.atkv.org.za/) geskied.
Neem asb. kennis van die volgende wanneer u aanlyn bespreek:

i. Lede kan van 1 tot 14 November 2022 aanlyn vir Desember 2023bespreek.
ii. Dit geld vir alle oorde. By ATKV-Hartenbos sal slegs akkommodasie aanlyn bespreek kan
word (ook telefonies),-besprekings vir kampering sal egter slegs telefonies gemaak kan word
iii. As u aanlyn bespreek:
i. U mag slegs EEN eenheid of staanplek bespreek
ii. Kan u NIE ʼn spesifieke eenheid/staanplek kies NIE, slegs ʼn eenheidstipe of
kampeerstaanplekblok.
iii. Is die deposito 10% van die besprekingswaarde, betaalbaar onmiddelik, slegs vir 01 en 02
November 2022. Daarna val dit terug na 50% van die besprekingswaardedieselfde as met
gewone aanlynbesprekings.

iv. Lede word aangemoedig om vooraf seker te maak dat hulle geregistreer is en toegang tot
die aanlynledeportaal het wanneer hulle aanlyn bespreek, om teleurstelling te voorkom.
Indien u onseker is of hulp nodig het, skakel gerus ons ledesake-afdeling by 011 919 9000.

iv. Inbel- en e-posbesprekings (slegs e-pos aansoeke soos ontvang vanaf 01 November 2022,
07:00) word aanvaar, maar inbelbesprekings sal voorkeur geniet.

v. As u inbel en bespreek:
i. Kan u eenheid/staanplek kies.
ii. U mag slegs EEN eenheid of staanplek bespreek
iii. Is die deposito 10% van die besprekingswaarde, betaalbaar volgens die die #RekUit-
skedule.

vi. U kan enige van die onderstaande nommers skakel om te bespreek:
i. ATKV-Buffelspoort – 014 572 1000
ii. ATKV-Drakensville – 036 438 6287
iii. ATKV-Eiland Spa – 015 386 8000
iv. ATKV-Goudini Spa – 023 349 8100
v. ATKV-Hartenbos – 044 601 7200
vi. ATKV-Klein-Kariba – 014 736 9800
vii. ATKV-Natalia – 031 916 4545
viii. Sentralebesprekingskantoor – 011 919 9092

Ons waardeer u samewerking in hierdie verband. Moenie u kans verspeel nie, skakel ons vanaf
1 November 2022 en bespreek u familievriendelike wegbreke by een van ons sewe pragoorde!

Vir meer inligting rakende minimum besprekingsnagte vir die Desember-skoolvakansie en ander besprekingsvoorwaardes, kliek hier