ATKV-Natalia

’n Tropiese paradys aan die suidkus

Net 40 km suid van Durban wag ATKV-Natalia – ’n tropiese paradys waar die weer heeljaar soel en salig is.

Akkommodasie by ATKV-Natalia bestaan uit ’n keuse van ruim, gesellige selfsorgwoonstelle in verskeie groottes en ’n boomryke woonwapark met spogfasiliteite. Benewens al die ontspanningsfasiliteite by die oord is Natalia net ’n klipgooi ver van allerhande opwindende en interessante toeriste-aantreklikhede in die omgewing.

Met moderne fasiliteite kan ATKV-Natalia ook konferensiegroepe en selfs skoolgroepe huisves.