’n Bruilof is nie net die kerkdiens en die onthaal daarna nie – dit moet ’n ervaring wees wat jou gaste ’n leeftyd sal bybly.
Kom geniet die bruilof van jou drome by een van ons ATKV-oorde.
ATKV-Drakensville
Jou droomtroue in die Drakensberge
Sprokiestroues word ’n werklikheid by ATKV-Drakensville. Die pragtige sandsteenkapel met sy asemrowende uitsig oor die vallei en Amfiteater is die perfekte plek om ewige trou te beloof, en die asemrowende skoonheid van die Drakensberg maak ’n meesterstuk van elke foto. Die onthaalfasiliteite en smullekker disse sal verseker dat die vreugdevure tot laatnag brand.
ATKV-Goudini Spa
Haak die knoop deur met die Bolandse berge as agtergrond...
Omring deur skouspelagtige berge en pragtige wingerde, met alles van weeldeverblyf tot watertandetes. Goudini Spa is gereed om jul mooiste dag seepglad te laat verloop, met ’n enkele doel voor oë: dat julle sal terugsit, ontspan en die begin van jul lewensreis saam geniet.
ATKV-Klein-Kariba
Kom hou bruilof in die bos
Dink aan een van die mooiste klowe in die Waterberge, omring deur groen bome, waterstrome en Bosveld-natuurskoon. Julle is op pad na ’n pragtige klipkapel vir jul mooiste dag. Ná die seremonie bederf ons restaurant die gaste met die keurigste spyseniering in een van ons pragtige onthaalsale.