Buite seisoen
Maandae tot Saterdae (insluitend openbare vakansiedae): 09:00-18:00
Sondae: 09:00-15:00
Binne seisoen
1 Des.-15 Des. en gedurende Paasfees: 09:00-19:00
16 Des.-4 Jan.: 09:00-21:00
Hartenbos Seefront is ’n ontwikkeling in die hartjie van ATKV-Hartenbos, en ons is trots om erken te word as een van Suid-Afrika se gewildste vakansieplekke vir oud en jonk. Gaste kan eindelose vermaak, topgehalte-winkels en beeldskone natuurskoon verwag wanneer hulle met ongekende gasvryheid verwelkom word.
Ons pretpark spog met aktiwiteite wat kleuters en tieners sal laat skaterlag! Van ’n speelarea vir die kleintjies, tot minigholf en padel vir die ouer kinders.
Pretparktye tot verdere kennisgewing:
| Binne seisoen en langnaweke: Sondae en openbare vakansiedae: Oktober-skoolvakansie: Buite seisoen, Vrydag en Saterdag: Buite seisoen, Sondag tot Donderdag: |
08:30-22:00 |
Die Seefront Pretpark pronk met ’n waterpark – ’n droom vir waterliefhebbers en die perfekte plek om van die warm somerson te ontsnap. As jy waaghalsig voel, is ons waterwurms nét die regte ding vir jou!
Vakansiegangers kan kies tussen drie verskillende waterwurms, een vir elke vlak van adrenalien en vaardigheid.
’n Ongelooflike klimraamervaring!
Geleë binne die Seefront Pretpark, beloof hierdie ruim speelarea ure se genot vir babas, kleuters én tieners! Met allerhande klim-, swaai-, gly- en hangaktiwiteite, is hierdie area spesiaal ontwerp om kinderontwikkeling aan te moedig, terwyl kinders hulself gate uit geniet.
Geleë binne die Seefront Pretpark, bied ons minigholfbaan ’n genotvolle uitstappie vir die hele gesin. Ons twee nege-putjiebane sal amateur- en ervare spelers uitdaag!
Kontakbesonderhede
Tel.: 044 601 7255
E-pos: hartenbos@atkv.org.za
As deel van ons toewyding om die lekkerste vakansie moontlik te bied, het ons gesorg vir ’n klein winkelsentrum met ‘n verskeidenheid winkels, restaurante en kuierplekke.
Sodat jy die perfekte balans kan handhaaf, bied ons jou gesondheidsfasiliteite wat jou ontspanne en vars sal laat voel tydens jou vakansie saam met ons. Buiten die swembad, het ons ook ’n splinternuwe gimnasium met die nuutste toerusting, persoonlike afrigters en ’n biokinetikus.
Die Seefront Solders se en-suite-kamers is geleë op die eerste verdieping in die Seefront-winkelsentrum en kamers het geen see-uitsig nie. Ontbyt is ingesluit by tarief.
Neem asseblief kennis: 100 m-stap van die parkeerplek na die kamer. Daar is geen selfsorggeriewe of braaie in die kamers nie.
Hierdie eenhede is ideaal vir paartjies, sakemanne en sakevroue.